Tanya FRANZEN 2
In jou dapper koelte kolle vind ek stuk-stuk my hart.
Daar waar die wind my hare kielie en die Oktober son lag-lag deur jou takke gly.
Daar, my Jakaranda nooi,
Tussen die pers en die besies en die bye.
Daar, my Jakaranda mooi,
waar die wêreld stil raak en die nuwe seisoen sagkuns karring aan die oggend gety.
Daar, waar tien duisend stories in jou sagte pers deurmekaar gewaai word om in ‘n
warrelwind te kom rus teen jou wortels.
Oktober liefde
Oktober smart
Jakaranda liefde
In my Pretoria Hart
Comentários